Voedingswaarde
Pekanneute bevat van die hoogste voedingswaarde van alle vrugte wat in Suid Afrika verbou word.
'n Handvol neute is gelykstaande aan een porsie vleis, vis of pluimvee.
- 73 – 75 % olie
- 12 – 15 % koolhidrate
- 9 – 10 % proteien
- 3 – 4 % water
1.5 % minerale
- 93 % onversadigde vette
- 0 % cholesterol
- 20.4 g totale vet (slegs 1.8g versadigde vette)
- 0 mg cholesterol
- 0 mg sodium (Natrium)
- 2.7 g dieët vesel
- 19 vitamiene en minerale insluitende vitamien A, vitamien E, kalsium, potassium and sink.
- Uitstekende bron van vitamien B1, tiamien, magnesium asook proteiene.
Pekanneute kan die brein beskerm:
Volgens Dr. Thomas Shea, (Ph.D), Universiteit van Massachusetts Lowell, Hoof navorser by die Sentrum vir Sellulêre Neurobiologie:
Maak pekanneute deel van jou daaglikse dieët en dit kan 'n rol speel in die beskerming van die senuweestelsel. 'n Handvol pekanneute kan die agteruitgang van ouderdomsverwante motoriese neurologiese prosesse vertraag.
Natuuurlike Antioksidante in Pekanneute help om Alzheimers, kanker asook hartsiektes te voorkom:
Dr. Thomas Shea het ook bepaal dat vitamien E wat 'n natuurlike antioksidant is en in pekanneute voorkom, speel 'n sleutelrol in beskerming van neorologiese stelsels.
Antioksidante is voedingstowwe wat in voedsel gevind word wat beskadiging van selle kan help voorkom.
Pekanneute wat 'n hoë hoeveelheid vitamien E bevat kan siektes soos Alzheimers, Parkinsons, kanker and hartsiektes help bekamp.
Pekanneute verminder Cholesterol:
Volgens die Amerikaanse Hart Vereniging, kan 'n dieët wat ryk is aan pekanneute die totale cholesterol vlakke met tot 11.3 % verlaag asook die LDL "slegte" cholesterol vlakke met 16.5 %. Indien dit matig gebruik word, sal daar geen aansienlike gewigstoename wees nie.
Die Amerikaanse Voedsel en Drank Administrasie (Food and Drug Administration FDA) het bepaal dat:
Volgens bewyse deur wetenskaplike toetse word bevind dat daaglikse inname van pekanneute (30mg) wat deel uitmaak van 'n dieet wat laag is in versadigde vette en laag in cholesterol is, risiko tot hartsiektes kan verlaag.
Volgens die tydskrif, Nutrition Research, Augustus 2006, word pekanneute geklassifiseer as een van die voedselsoorte en die neutsoort wat die hoogste antioksidante besit.
Navorsers het die antioksidant kapasiteit van neute ondersoek en dit ook gemeet teenoor 100 algemene gesondheidsvoedsels en versnapperings. Verskillende neute is ook ingesluit. Pekanneute bevat die hoogste antioksidante gemeet aan ander neute soos okkerneute, haselneute, pistachios, amandels, grondboontjies asook cashew neute.
Net ‘n handvol neute by jou daaglikse dieët, kan oksidasie van vette in die bloedvate afbreek, en sodanig help om koronêre hartvatsiektes te voorkom.
Pekanneute is ryk aan voedingswaarde:
Pekans bevat meer as 19 vitamiene en minerale – insluitende vitamien A, E, foliensuur, kalsium, magnesium, fosfaat, potassium, asook verskeie vitamiene B’s en sink. 30g Pekans bevat reeds 10 % van die aanbevole daaglikse hoeveelheid vesel. Pekans is ook ‘n natuurlike bron van proteine en bevat min koolhidrate en geen cholesterol. Pekans is vry van enige sodium, dus uitstekend vir ‘n sout-en natrium vrye dieët.